Fakture, vee, silo-strokies, bankstaat en gewasse — alles vanaf jou foon, in Afrikaans. Gebou deur 'n boer, vir boere.
Geen kaart nodig nie. Daarna R2 000 eenmalig + R500 per jaar.

Soek op verskaffer of bestelnommer, filter per kategorie en datum.

Sien dadelik watter betalings nog bewyse nodig het.

Opbrengs en koste per hektaar, op een bladsy.
Neem 'n foto by die koöperasie se toonbank — Sakboek lees self die verskaffer, bedrag en bestelnommer uit en sorteer dit in die regte afdeling.
Koppel jou Gmail en Sakboek trek elke dag self fakture en rekeningstate in — jy hoef niks oor te tik nie.
Hou vee-aankope en -verkope apart by, met inkomste en uitgawes per tak van die boerdery.
Foto van die strokie, en die gewig, silo, land en gewas word self ingelees. Opbrengs per hektaar word vir jou uitgewerk.
Laai jou bankstaat op en sien dadelik watter betalings nog 'n faktuur as bewys nodig het — en koppel dit met een druk.
Plaasbestuurders kan bestelvorms self genereer en goedere bestel — jy keur dit op jou foon goed.
Land-register met gewasse per seisoen. Koste en opbrengs per hektaar, per land, per gewas.
Sien watter land en gewas regtig geld maak: opbrengs minus koste, met grafieke per seisoen.
Een PDF per maand met al die bewysstukke in bankstaat-volgorde, of 'n spreadsheet per datumreeks. Stuur dit per e-pos of stoor dit op jou foon.
Eenmalig
R2 000
Daarna per jaar
R500
Proeflopie
30 dae gratis
Sakboek word gebou en bestuur deur Wouter du Plooy, 'n gemengde boer van die Bultfontein-distrik in die Vrystaat. Vrae of voorstelle? WhatsApp my gerus, of stuur 'n e-pos.